Palms Versorging

Die versorgings afdeling is ‘n 72 bed eenheid met ‘n addisionele 19 “Bachelors” eenhede, 33 x een slaapkamer eenhede en 6 x 2 slaapkamer eenhede. 

Die inwoners word 24 uur gemonitor deur gekwalifiseerde verpleegpersoneel.  17 van hierdie eenhede is eksklusiewe Hoë sorg eenhede wat toegerus is met ‘n elektroniese hospitaalbed, TV, Aircon en yskas.  12 van hierdie eenhede het ook elkeen sy eie privaat tuin.  Ons spesialiseer in die versorging van Alzheimers-, Parkinsons, Dementia, Suikersiekte en Hoë bloeddruk pasiënte.  Die eenheid maak voorsiening vir pasiënte wat 24 uur versorging nodig het in die gerief van hulle eie eenhede.  Die eenheid is toegerus om maaltye per sakkie te kan bedien.  Daar word 3 maaltye per dag voorsien, wasgoed word gewas en die eenheid word skoongemaak.  Elke kamer beskik oor sy eie badkamer en ‘n skuifdeur na buite.  Die nood kamer bied versorging vir een pasiënt vir ‘n maksimum van 10 dae.  Die versorging beskik ook oor ‘n Dr. Spreekkamer, speletjies saal, biblioteek, restaurant, deli en koffiewinkel.  Die versorging is ook toegerus met ‘n kragopwekker om die gerief van ons inwoners te verseker.