Palms Vanderbijlpark

Palms Vanderbijlpark bestaan uit 184 losstaande wooneenhede wat wissel in grootte vanaf 1 slaapkamer tot 3 slaapkamer eenhede. 

Palms Vanderbijlpark het elektrisiteit sekerheid met ‘n kragopwekker vir die oord. Die veiligheid van ons inwoners is van belang en daarom word die oord 24 uur per dag gemonitor met kameras vanaf ‘n beheerkamer.  Die inwoners is loopafstand, in die veilige omgewing, vanaf die versorgings afdeling waar daar ‘n koffiewinkel, deli, restaurant, Dr Spreekkamer, speletjies saal en biblioteek tot hulle beskikking is.  Tuis versorging is ook beskikbaar in jou huis deur ons gekwalifiseerde personeel.