Volkome rustigheid in die Vaaldriehoek waar ons in elke inwoner se behoeftes voorsien.

Is jy gereed om ‘n lewenstyl vol kalmte, gemeenskap, en eindelose geleenthede vir ontspanning en genot te omhels?

Palms
Vereeniging

Palms
Vanderbijlpark

Versorgings
Afdeling

Palms on
the River

Palms
Boutique

Hoekom Die Palms?

In die vroeë 1990’s is daar ‘n behoefte vir ‘n aftreeoord in die Vaaldriehoek geïdentifiseer.  Die Hoop Sonder Grense Trust is gestig en is die ontwikkelaar van die aftreeoord.  Die naam Palms is ontleen daaraan dat Palms Vereeniging se hoof ingang vanuit Palm straat is. Die aanvraag na aftree behuising in die Vaaldriehoek is so groot dat Palms Vanderbijlpark se ontwikkeling begin in 2014 asook die ontwikkeling van die versorging in Vanderbijlpark.  In 2021 begin die ontwikkeling van Palms by the River en die Palms Boutique. 

Palms Vereeniging, Palms Vanderbijlpark en Palms Boutique is almal toegerus met ‘n generator om elektrisiteit sekerheid te verseker.  Palms Vanderbijlpark en Palms Boutique word 24 uur per dag gemonitor met kameras vanaf ‘n beheerkamer.